Subscribe by Email

ANC-grootkop spreek sy steun uit vir Finansminister Pravin Gordhan

enochDie ANC se ekonomiese beleidshoof, Enoch Godongwana, glo die Valke se ondersoek na Finansminister Pravin Gordhan is ‘n poging om hom uit sy posisie verwyder te kry en die Nasionale Tesourie te verswak. Hy het in ‘n onderhoud met eNCA gesê die klagtes teen Gordhan word bekook om sy aandag af te trek van kwessies wat hy probeer ondersoek, soos Eskom en die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Godongwana sê Gordhan se magte is verswak omdat hy nie langer in beheer is van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens nie.