Subscribe by Email

ANC gee toe dat die DA Nelson Mandelabaai by hom afgeneem het

Athol-TrollipDie Demokratiese Alliansie se burgemeesterskandidaat in die Nelson Mandelabaai-metro, Athol Trollip, beskryf vandag as ‘n pragtige dag vir Port Elizabeth waar die opposisieparty die meeste stemme gekry het in eergister se plaaslike regeringsverkiesing. Die DA vier reeds ‘n oorwinning nadat die party 46,65 persent gekry het teenoor die ANC se net minder as 41. Trollip sê die DA is verheug dat kiesers besluit het hulle wil verandering hê:

Trollip het bevestig dat koalisie-samesprekings aan die gang is:

Die ANC in die Baai het sy geskil oor die uitslag teruggetrek. Dit is gister ingedien omdat die party gemeen het die verkiesing het nie vry en regverdig verloop nie. Die ANC se hoofsweep, Jackson Mthembu, het ook toegegee dat die DA die metro ingepalm het:

Mthembu het gesê die ANC sal die metro in die volgende verkiesing terugwen:

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het vroeër gesê hy hoop om die finale verkiesingsuitslag teen môre te verklaar, maar moet eers die 65 besware hanteer wat hy tot dusver ontvang het. Met meer as 93 persent van die stemme getel lei die ANC landwyd met 54,29 persent, gevolg deur die Demokratiese Alliansie met 26,39 en die Ekonomiese Vryheidsvegters derde met 7,97.