Subscribe by Email

ANC gaan vir Malema muilband

Gwede Mantashe

Beeld berig dat hulle ’n onderhoud gevoer het met Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC en dat hy bevestig het dat  hy en pres. Jacob Zuma, het die ANC-jeugligaleier onder vier oë gehad.

“Ek kom nou net van Ma­hlambandlopfu (Zuma se ampswoning in Pretoria), waar ek aan hom gesê het om hom te weerhou om uitlatings te maak wat opswepend is. Hy mag die liedjie (“Ayesab’ amagwala”) ook nie volledig sing nie,” het Mantashe gesê. “Daar sal na afloop van ons gesprek met Malema baie duidelike uitkomste rondom hom wees. Mense sal kan sien wat die effek gaan wees. Die ANC, ook die jeugliga, gaan hom inhou.”

Hy het gesê as die sing van die woorde “skiet die Boer” lei tot polarisasie in die samelewing, die ANC die sing daarvan sal staak. Die besluit sal egter net deur die ANC en ná interne gesprekvoering geneem word.

“Ons is egter daarvan oortuig ’n politieke oplossing, eerder as om hof toe te gaan, sal ’n holistiese oplossing bied. Ek is geen beskermer van Malema nie, maar die irritasie wat hy veroorsaak en die probleem…moet geïsoleer en opgelos word,” het Mantashe gesê.

Koerant.com is van mening dat hierdie berig dalk nie die volle waarheid mag wees nie, as gevolg van die feit dat Julius Malema nie in Gauteng is waar hulle hom kon aanspreek, soos wat berig word nie.