Subscribe by Email

ANC gaan Marius Fransman se hofaansoek teenstaan

Marius+FransmanDie ANC sê hy sal Marius Fransman se hofaansoek teenstaan om sy werk terug te kry. Die party se geskorste Wes-Kaapse voorsitter het gister weer vir werk aangemeld en ook die Hooggeregshof in Kaapstad gevra vir ‘n interdik om die verslag van die ANC se integriteitskommissie oor bewerings van seksuele aanranding teen hom te bekom. Sy gewese persoonlike assistent, Louisa Wynand, het hom in Januarie verkla. Woordvoerder Zizi Kodwa sê die ANC moet nog die bewerings teen Fransman oorweeg voor enige besluit geneem kan word.

One Response to ANC gaan Marius Fransman se hofaansoek teenstaan

  1. Eric

    Julie 26, 2016 at 12:11 pm

    Hy dink mos hy’s die kat se snor.