Subscribe by Email

ANC-burgemeester vir Ekurhuleni

mzwandile-masina-@gautengANC-320x453Mzwandile Masina van die ANC is verkies tot burgemeester van die Ekurhuleni aan die Gautengse Oosrand. Hy het die Demokratiese Alliansie se kandidaat, Ghaleb Cachalia, met 117 stemme teenoor 106 verslaan. Die DA het vroeër gevra of Masina steeds ‘n parlements- en kabinetslid is, want hy was adjunkminister van Handel en Nywerheid toe die ANC aangekondig het dat hy die party se burgemeesterskandidaat in die metro is. Robert Mashego het die versekering gegee dat hy inderdaad bedank het en beloof om later die bewys voor te lê. Patricia Khumalo van die ANC is herkies as speaker.

Vroeër is berig dat die ANC die burgemeesters-ketting aan die DA afgestaan het in die nuutgevormde Modimolle/Mookgophong-munisipaliteit in Limpopo. Marlene van Staden van die DA het sewentien stemme gekry en die ANC elf. Johann Abrie van die DA is verkies tot speaker. Die DA het met die EVV en ander partye saamgewerk om die ANC te ontsetel en dié owerheid en Thabazimbi oor te neem weer geen party ‘n besliste meerderheid gekry het nie.