Subscribe by Email

ANC bespreek ‘n moontlike vroeë verkiesingskonferensie

gwedeDie ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, sê die party bespreek die moontlikheid van ‘n vroeë verkiesingskonferensie. Hy het op ‘n nuuskonferensie in Johannesburg besin oor die verliese wat die regerende party in die onlangse plaaslike regeringsverkiesing gely het. Die volgende konferensie word eers in Desember volgende jaar gehou, maar die ANC-Jeugliga eis dat die datum vervroeg word nadat die party belangrike metro’s afgestaan het. Mantashe het erken dat ontevredenheid met president Jacob Zuma binne die organisasie die ANC benadeel het.

Mantashe het ook koalisieregerings veroordeel wat opposisiepartye in verskillende munisipaliteite gevorm het en sê dit is nie gegrond op beginsel nie, maar op ‘n gedeelde begeerte om die ANC ten alle koste te onttroon. Hy het ook oproepe verwerp van mense wat wil hê individue moet bedank weens die ANC se swak vertoning in die verkiesing en sê die hele leierskap moet gesamentlik aanspreeklikheid aanvaar: