Subscribe by Email

ANC beplan Zimbabwe styl plaasbesettings na die WB2010

Foto: Zimbabwe Mail. Plaasboer word verjaag vanaf sy grond in Zimbabwe.

Die Zimbabwe Mail berig dat die ANC Jeugleier, Julius Malema, op sy onlangse besoek aan die land gesê het dat die ANC beplan om plaasbesettings Zimbabwe styl uit te voer, net na die Wêreldbeker sokker in 2010, om sodoende plase in wit besit oor te neem teen die einde van die jaar.

Die omstrede ANC jeugligaleier het ’n skare mense van Zimbabwe by ’n myn 160 km van Harare toegespreek en hulle beloof dat die ANC sal gebruik maak van die Zimbabwe manier om plase oor te neem. Hy het ook die Zimbabwiese burgers aangemoedig om ook besighede wat aan witmense en uitlanders behoort, te begin oorneem.

Volgens die Zimbabwe Mail, beplan die ANC ook om van Zanu-PF lede en

Malema in Zimbabwe. Foto, Zimbabwe Mail.

hulle oorlogsveterane gebruik te maak wanneer hulle gaan begin om plase terug te neem van wit plaasboere in Suid-Afrika. ’n Lid van die Zanu-PF sekuriteits departement het aan  ’n Zimbabwe Mail verslaggewer gesê dat Julius Malema se besoek aan Zimbabwe ’n opvolg is op President Jacob Zuma se hoogs konfidensiële besoek aan Robert Mugabe vroër.

Na wat berig word, het ’n hoë profiel afvaardiging wat bestaan uit Suid-Afrikaanse sekuriteits- en intellegensie dienste verlede week alreeds in Zimbabwe aangekom vir opleiding by die Zimbabwe Nasionale Weermagkollege.

One Response to ANC beplan Zimbabwe styl plaasbesettings na die WB2010

  1. Herman Bezuidenhout

    April 11, 2010 at 5:11 pm

    Nie om oor skepties te klink nie, maar die foto van die boer wat verjaag word, lyk darem regtig nie asof hy haastig is nie. Is dit regtig ‘n foto van ‘nboer in Zim wat van sy plaas vedryf word