Subscribe by Email

Amptenare van binnelandse sake word in Limpopo in hegtenis geneem

DHA_logoWebDie Valke in Limpopo het twee amptenare van binnelandse sake in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, korrupsie en afpersing. Woordvoerder Matimba Maluleke sê ‘n 36-jarige assistent-bestuurder is in Giyani vasgetrek na ‘n ondersoek wat in 2012 begin het. Hy sal môre in die hof verskyn. Die tweede verdagte, ‘n 42-jarige immigrasiebeampte, het na bewering die paspoort gestempel van ‘n onwettige immigrant wat in aanhouding was. Sy is uit op borgtog van tweeduisend Rand en sal weer volgende maand in die hof verskyn.

One Response to Amptenare van binnelandse sake word in Limpopo in hegtenis geneem

  1. Koos

    Augustus 15, 2016 at 1:41 pm

    Dis hoogtyd, vang die wtters