Subscribe by Email

Amptelike klag teen Madonsela

madonsela

‘n Groep genaamd die Public Members Unit Team wil namens President Zuma sy Nkandla-skuld betaal.

In ‘n brief wat voorgelees is aan die Nkandla-komitee sê die groep dat Zuma deur Nkandla in ‘n verleentheid gestel is en die saak moet afgehandel word.   Daarom sal hulle namens Zuma die geld vir Nkandla betaal.

Die (OB) openbare beskermer het in haar Nkandla-verslag bepaal die department van polisie en die tesourie moet bepaal hoeveel geld bestee is aan verbeteringe wat nie met veiligheid verband hou nie en dan moet die president ‘n “redelike persentasie” van dié bedrag terugbetaal.

Frolick het ‘n tweede brief voorgelees van ‘n groep met die naam Concerned Lawyers and Educationists for Equality Before the Law.

Hierdie groep het ‘n amptelike klag teen die OB in gedien omdat sy haar verslag eerste aan die media bekend gemaak het en dit is volgens hulle ongrondwetlik.