Subscribe by Email

Amerikaanse Ope

brandenBranden Grace van Suid-Afrika is ná die tweede ronde van die Amerikaanse Ope in Chambers Bay, Washington, in  die gesamentlike derde plek.

Hy is met sy telling op 136 — vier onder baansyfer — een  hou agter die gesamentlike voorlopers, Jordan Spieth en Patrick Reed van Amerika.

Ernie Els is in die gesamentlike 28ste plek op twee oor baansyfer, terwyl Charl Schwartzel en Louis Oosthuizen in die gesamentlike 35ste plek is op plus drie.

Oosthuizen is een van twee spelers wat gister die beste gevaar het met ‘n rondte-telling van 66.