Subscribe by Email

Alpe eis 19 lewens in twee weke

Die Mont Blanc Massief het nog twee lewens geëis nadat twee jong mense wat deel van ‘n groep was, op die grens tussen Frankryk en Italië verkluim het. Die vier jong mense was onderweg na ‘n gewilde berghut aan die Franse kant van die grens toe hulle op ‘n hoogte van 4 400 meter deur ‘n storm verras is. Twee jong mense kon daarin slaag om veiligheid onder te bereik en alarm te maak, maar ‘n jong Spanjaard en ‘n jong vrou van Oos-Europa se liggame is later gevind.

Verlede Donderdag is nege mense op die Massief in Frankryk dood en twaalf beseer toe hulle deur ‘n sneeustorting oorval is. Die was die hoogste ongevalle in die Franse Alte in tientalle jare.

Die vorige week was daar drie voorvalle in die Alte wat altesaam agt lewens geëis het.

Foto: Alpe, EPA

Herman Toerien