Subscribe by Email

Al-Kaïda dreig om wêreldbeker aan te val, Rustenburg is die teiken

Volgens ’n verklaring van Al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb, dreig hulle om die wêreldbeker sokkertoernooi in Suid-Afrika te ontwrig met aanvalle. ’n Verklaring wat in die aanlyn tydskrif, Mushtaqun Lel Jannah gepubliseer is, lui dit sal wonderlik wees om die klank van bomme in die stadions te hoor en duisende lyke rondgestrooi te sien lê, veral met die wedstryd tussen die VSA en Engeland wat in Rustenburg plaasvind. Die Duitse, Franse en Italiaanse sokkerspanne word ook as teikens uitgesonder.

Die verklaring lui verder dat Al-Kaïda defnitief teenwoordig sal wees tydens die toernooi en dat al die masjinerie wat die VSA sal stuur, niks sal help om te bepaal hoe die plofstof by die sokkerstadions ingekom het nie.

Mnr. Jérôme Valcke, sekretaris-generaal van Fifa, het gister gesê hulle weet van die dreigement. Hy het gesê al die moontlike word gedoen om te verseker aanhangers is veilig.

One Response to Al-Kaïda dreig om wêreldbeker aan te val, Rustenburg is die teiken

  1. Chris

    April 12, 2010 at 4:05 pm

    Al-Kaïda moet redelik desperaat wees om Rustenburg toe te wil gaan.