Subscribe by Email

Airbus vliegtuie deur China bestel

Die Chinese premier Li Keqiang (middel) en die Duitse Bondskanselier Angela Merkel kyk toe terwyl Airbus-topman Fabrice Bregier (regs) en die CEO van die China Aviation Supplies Group Corp. Li Hai (links) die kontrak onderteken. © afp.

China Aviation Supplies Company het ‘n welkome bestelling van $6.6-miljard vir sewentig  Airbus A320 vliegtuie aan Airbus gestuur.

Die nuutste bestelling sal die aantal A320 eenhede wat tot nou toe in China aangekoop is tot 260 verhoog.

Daar word verwag dat China ook binnekort bestellings sal plaas vir die groter A330 model. Die vliegtuie word by Airbus-aanlegte in China gebou.

Die A320 is al vir jare ‘n gewilde model en is ook ideaal vir binnelandse vlugte.

Dit vervoer normaalweg 150 passasiers maarkan uitgebrei word tot 180 en is onlangs verder verbeter op sy reeds bestaande laer brandstofverbruik, verminderde besoedeling op CO2 vrystelling en laer instandhouding