Subscribe by Email

Agtien mense word aangekeer na die taxistaking in die Oos-Kaap

150413traffic-jpgAgtien mense is in hegtenis geneem na gister se gewelddadige betogings deur stakende taxi-operateurs in Oos-Londen en Kingwilliamstown in die Oos-Kaap. Bestuurders van die SA Nasionale Taxiraad, Santaco, het verskeie hoofroetes versper met betonblokke en brandende motorbande. Hulle is ontevrede oor operateurs-permitte. Die polisie sê die mense wat aangekeer is, word aangekla van brandstigting, openbare geweldpleging en kwaadwillige saakbeskadiging. Santago sê die staking is afgelas na ‘n vrugbare vergadering met die premier wat beloof het om met die taxibedryf te praat.