Subscribe by Email

Agt ontsnaptes weer vasgetrek in Harrismith

Ongeveer 8 van die 41 verhoorafwagtendes wat uit die tronk in Harrismith ontsnap het, is weer gevange geneem. Twee bewaarders is glo deur ‘n gevangene, wie se seldeur oop was vir ‘n prokureursbesoek, oorrompel. Die minister van Korrektiewe Dienste, Nosiviwe Mapisa Nqakula en die nasionale polisiehoof, Generaal Bheki Cele is by die tronk waar hulle met korrektiewe amptenare oor die ontsnapping vergader.

Die Departement van Korrektiewe dienste het bevestig dat al die gevangenes verhoorafwagtend was. Die bewaarder het na bewering slegs ligte beserings opgedoen. ’n Massiewe soektog is huidig aan die gang om na die oorblywende ontsnaptes te soek.