Subscribe by Email

Agri Wes-Kaap soek steed na syfers oor uitsettings

Alan Winde

Alan Winde, Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthede

Plaasuitsettings is ‘n menseregtekwessie en nie meer ‘n arbeidskwessie nie. So sê  Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, oor plaasuitsettings in die Wes-Kaap.

Hy het aangekondig dat senior amptenare die presiese stand van plaasuitsettings in Wes-Kaap gaan ondersoek, en dat dié span moontlike brandpunte ten opsigte van plaasuitsettings in Suid-Afrika moet identifiseer.

Volgens Nkwinti moet daar vasgestel word of die sprake van uitsettings waar is. “As mense in die Wes-Kaap uitgesit word op die manier wat ons hoor, skep dit vrae oor menseregte.  Jy kan uit die brief van Nosey Pieterse, voorsitter van die plaaswerkersvakbond Bawusa sien dat dit gestremdes, bejaardes, kinders en familie  is wat op straat uitgesit word.”

Die span senior amptenare, sal onder leiding van die adjunkdirekteur verantwoordelik vir grondbesit en administrasie, Masiphula Mbongwa,  plase besoek en met werkers en boere praat.

Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum bevestig dat ‘n noodvergadering aanstaande week in Robertson gehou word.  Die vergadering is belê om mense bewus te maak van gebeure en watter hulp vir hulle beskikbaar is.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid het gister by navraag gesê ”dreigemente wat die vakbond Cosatu en die ANC maak word baie ernstig beskou . Ons wil ‘n plan hê en nie weer onkant betrap word soos in 2012 met die plaasonluste nie.”

Die vergadering vind op 23 Oktober om 17:00 in die Agri Expo-saal op Robertson se skouterrein plaas.

Lees ook berig deur Joylene van Wyk, Landbou.com
Agri Wes-Kaap soek duidelikheid oor die ANC se vae bewerings oor uitsettings op plase.

Agri Wes-Kaap is steeds op soek na die uitsettingsyfers op plase sodat hulle dit kan ondersoek en optree.

Mnr. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê die organisasie is bewus van wettige uitsettings wat ná hofuitsprake deur die Grondeisehof onder hersiening geneem en toegestaan is.

Hy het kommentaar gelewer nadat die ANC en Cosatu beweer het dat talle werkers van plase afgesit word, onder meer weens die 50%-Nkwinti-grondplan.

Opperman sê wettige uitsettings vind byvoorbeeld plaas wanneer die ekonomiese toestand van die plaas vereis dat werkers verminder word of wanneer ‘n dissiplinêre verhoor tot afdankings gelei het. Wanneer ‘n dienskontrak bepaal dat behuising binne ‘n sekere tydperk ontruim moet word, moet die regsproses sy gang gaan.

Oor onwettige uitsettings sê hy werkers wat onwettig uitgesit word, behoort hulle na die SA Polisiediens te wend, in plaas daarvan om dit in die media aan te kondig, sodat die regsproses daar óók sy loop kan neem.

“Agri Wes-Kaap het baie meer duidelikheid nodig oor die vaagheid van mediakonferensies wat deur die regerende party oor uitsettings gehou word. Ons wag steeds vir besonderhede oor die getalle van die onwettige plaasuitsettings in die provinsie,” sê Opperman.

* Vroeër het mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse LUR vir landbou, die ANC enCosatu gevra om feite oor die beweerde uitsettings vir hom te gee.

 

2 Responses to Agri Wes-Kaap soek steed na syfers oor uitsettings

  1. Roelof Neuhoff

    Januarie 21, 2016 at 9:53 am

    Mnr Nomdoe !

    Geen boer sal n kind dwing om te werk nie , dit is die pa en ma wat die kinders uitstuur om werk te gaan soek .Moenie die skuld vir kinders wat werk voor die boere gooi nie .

    Slawe handel en dwang arbeid is nie meer met ons nie. Dis jou keuse as jy n slaaf wil wees , en dis jou keuse as jy jou kind dwing om te gaan werk , nie die boer sin nie .

    As die boer wel n kind aanstel om te werk , behoort so n boer hom te skaam en die optrede staak .

  2. Dawid Nomdoe

    Oktober 19, 2014 at 5:49 pm

    Ons hier op plase vanaf Witsand tot Mosselbaai word ook nog baie sleg behandel op plase. Selfs nog boere wat van kinder arbeid gebruik maak. Ek hoop julle loods ook besoek aan plase in hierdie areas en nie net ryk plase in die Boland nie.