Subscribe by Email

Afvoerpype wat stormwater na die see neem is verstop

accraDie polisie in Ghana het traanrook gebruik om duisende betogers in die hoofstad Accra uiteen te jaag wat gekant is teen die sloping van hutte in ‘n groot plakkerskamp wat in die volksmond as Sodom en Gomorra bekend staan.

Die plakkerskamp huisves ongeveer 50-duisend inwoners.

Die owerhede sê die afvoerpype wat stormwater na die see neem en deur die plakkerskamp loop  is verstop en het daartoe gelei  dat groot dele van die stad na die onlangse swaar reëns oorstroom is.