Subscribe by Email

Afrikanerbond antwoord Mantashe

Met verwysing na u skrywe van 26 April 2011 in reaksie op die Afrikanerbond se ope brief aan u op dieselfde dag:
Ons verwelkom u standpunt dat dit almal se plig en taak is om die SA Grondwet in stand te hou. Daarom ons versoek vir ‘n nasionale dialoog oor die waardes soos vervat in die grondwet, aangesien dit duidelik is dat daar verskillende interpretasies is van die bepalinge van die grondwet. U het verkies om nie daarop te reageer nie.
In stede van ‘n gesprek oor Suid-Afrikaners se verbintenis tot die grondwet word die rassekaart weer ongeregverdig uitgehaal en word ons beskuldig van die behoud van wit regte – u verwysing na die onderdrukkers en die kolonialiste. U skrywe bevestig die persepsie wat by baie Suid-Afrikaners bestaan dat die ANC voortdurend besig is om ‘n beter verlede te probeer skryf, as om ‘n beter toekoms vir almal te skep. Nêrens in ons skrywe het ons wit regte of voorregte probeer bevorder of beskerm nie. Ons het verwys na minderhede se probleme en bekommernisse. Suid-Afrika is ‘n erkende land van diversiteit met minderhede in die Wit, Bruin, Indiër en Swart gemeenskappe. Ongelukkig word minderhede en hulle regte en verwagtinge nie deur die ANC erken nie en word wit en swart voortdurend teen mekaar afgespeel. Suid-Afrika is veel meer kompleks as wat u voorgee.
Ons het nêrens in ons skrywe enige verwagtinge, wat daar in die swart gemeenskap mag wees, ontken of bevraagteken nie. Inteendeel. Ons is terdeë bewus daarvan dat die krisis in onderwys die swart gemeenskap die ergste affekteer met raminge van tot 80% van skole wat disfunksioneel is. Die FW De Klerk Stigting sê in sy Vryheidsdag verklaring: “The children of the 1994 voters – the supposed beneficiaries of our new freedom – are now becoming restive. The education system has failed them dismally. A million children from each entry class have dropped out of school before writing matric. The great majority of those who actually pass matric leave school with pathetically inadequate qualifications and are destined to join the swelling ranks of the unemployed.” Ons is net so bekommerd daaroor en dit op 2 Februarie 2011 in ons ontmoeting met u gedeel.
Ons is terdeë bewus daarvan dat die enorme omvang van korrupsie in die staatsdiens dienslewering aan veral die swart gemeenskap erg raak. Ons is terdeë bewus daarvan dat kader-ontplooiing, waar politieke lojaliste voorrang kry met aanstellings, ander swart en kundige persone uitsluit. Al hierdie sake is al telkemale deur ons uitgewys in ons interaksie met die regering en die ANC – en sal ons voortgaan om dit uit te wys. U maak egter dieselfde fout as wat die ANC gereeld maak deur kritiek af te maak as rassisme en die beskerming van wit voorregte. Dieselfde kritiek vanuit swart geledere word telkens afgemaak as teenrewolusionêr.
Wanneer ons kritiek uitspreek op die ANC se hantering van sake soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging is dit nie oor die beleid self nie maar oor die toepassing daarvan. U kritiseer die Afrikanerbond en regverdig dan u standpunt met ‘n ongeldige stelling dat 72% van alle bestuursposte in die hande van wit mans is. Die 2007 syfers van die Kommissie vir Billike Indiensneming dui daarop dat wit mans 49% van alle bestuursposte bekleë. Die syfer mag nou in 2011 nog laer wees. Ons siening is dat regstellende aksie tans ‘n rookskerm is vir kader-ontplooiing en dat kundigheid en ervaring nie meer erken word nie. Dit is daarom ons bekommernis dat soveel munisipaliteite en provinsiale regerings en selfs sommige semi-staatsinstellings disfunksioneel is.
Die Afrikanerbond is op rekord dat ons kritiek oor die nie-toepassing van die grondwetlike taalreëlings alle taalgroepe raak, ook die inheemse tale, en dat die verengelsing wat plaasvind negatief inwerk op alle Suid-Afrikaanse taalgroepe.
Wanneer u die stelling maak dat 87% van alle grondbesit in slegs 10% van die bevolking se hande is, is dit ‘n ongetoetste stelling. Die Departement van Grondsake kon tot op datum nog nie vorendag kom met ‘n behoorlike oudit oor grondbesit nie, maar selfs ;n verslag van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondsake wat by ‘n parlementêre komitee op 31 Maart 2011 ingedien is het duidelik getoon dat die Staat minstens 19 % van eiendom besit. Mnr John Kane-Berman, hoof uitvoerende beampte van die South African Institute of Race Relations, sê in ‘n toespraak op, 30 Maart 2011” “Africans probably now own close to 20% if one adds in 2 million hectares purchased on the open market and 6 million transferred by the State. Don’t forget, however, that the State owns possibly 25% of this country. That slice was previously part of the white 87%. It should now be subtracted from the white share and added to the black share, which pushes the latter up to about 45%. Add in coloured and Indian ownership, which some people estimate at a high 10%, and the total black slice rises to about 55%”. Wanneer ons dus oor grondbesit praat moet ons dit doen vanuit ‘n feitelike posisie en nie vanuit ‘n emosionele en ongegronde posisie nie. U weet dat ons daarom sedert ons besoek aan u op 2 Februarie 2011 by herhaling en sonder sukses dringend versoek het om in breër verband met minister Nkwinti in opbouende gesprek te tree oor grondhervorming.
U verwys na ‘n gelyke speelveld en beskuldig die Afrikanerbond daarvan dat ons oneerlik is oor die gelykmaak van die speelveld wat nie–rassigheid aanbetref. U kan nie een vorm van rassisme (apartheid) vervang deur ‘n nuwe vorm van rassisme nie. Ons standpunt is dat wanneer die speelveld gelykgemaak word, moet almal ‘n gelyke geleentheid kry by die wegspring. U wil almal egter gelyk by die eindstreep laat aankom. Dit is dan wanneer prestasie, meriete en harde werk, ongeag die velkleur, agterweë bly.
Dit is eweneens jammer maar tog ironies dat u die Afrikanerbond se voorganger, die Afrikaner Broederbond, betrek by die huidige debat oor grondwetlike waardes. In ons interaksie in die verlede met u, het u diepgaande kennis oor die Broederbond ons verbaas. Ons verfris egter weer u geheue. Reeds in die laat sewentigerjare het ‘n toenemende ongerustheid onder lede van die Broederbond ontstaan dat die beleid van afsonderlike ontwikkeling nie op die lange duur volhoubaar kan wees nie. Die AB het dit as sy plig geag om indringend na die toekoms te kyk; hoe sake in die toekoms mag ontwikkel en hoe die Afrikaner se belange beskerm kan word. Dit het gelei tot ernstige gesprekvoering in eie geledere en in 1983 het die AB ’n Staatkunde komitee geskep om ’n wetenskaplike toekomsverkenning te onderneem. Dit het daartoe gelei dat besin moes word oor hoe daar gehelp kan word om ’n nuwe staatkundige bedeling tot stand te bring. Heelwat van die gedagtes het teen die grein van die Nasionale Party regering ingedruis. Talle lede van die Nasionale Party regering was ook lede van die AB en was dus op die hoogte van ontwikkelinge in die organisasie. Dit is ongetwyfeld so dat die debat in AB geledere ‘n rol kon gespeel het in sake waaroor in regeringskringe besin is. Dit het die fondament gelê vir die wegbeweeg van diskriminasie en die daarstel van ‘n demokratiese bestel waaraan alle inwoners van die land kan deelneem. Die Afrikaner Broederbond se rol het nie bloot gebly by die generering van studiestukke en standpunte nie. Daar is veel verder gegaan en uiteindelik is gesprek ook met die leiers van die toe nog verbanne ANC gevoer. So byvoorbeeld het prof Pieter de Lange voorsitter van die Afrikaner Broederbond einde 1983 en weer in 1986 gesprek gevoer met ANC verteenwoordigers, waaronder mnr Thabo Mbeki. U misken dus die besonder belangrike rol wat die Afrikaner Broederbond gespeel het in die hervorminge en die nuwe staatkundige bestel.
Ons probleem vandag met die interpretasie van die grondwet is dat die belangrike balans wat die nasionale akkoord gebring het, nie toegepas word nie naamlik:
• die behoefte aan gelykheid aan die een kant en die behoefte aan die vermyding van onregverdige diskriminasie aan die ander kant;
• die behoefte aan die beskerming van eiendomsreg aan die een kant en die behoefte aan die bevordering van regverdige en gebalanseerde grondhervorming aan die ander kant;
• die behoefte aan demokratiese verteenwoordiging in die regering en die behoefte aan doeltreffende dienste en,
• die behoefte aan die koestering van ons ryk diverse kulturele, taalkundige en godsdienstige erfenis en die behoefte aan die bevordering van oorkoepelende nasionale eenheid.
Ons bly bekommerd oor die diep verdeelde samelewing waarin ons onsself bevind. Dit is nie ‘n maaksel of oorblyfsel van apartheid nie maar veel eerder ‘n miskenning van die bogenoemde baie belangrike beginsels. Heel ironies skryf u op 9 Maart 2010 in Beeld “Suid-Afrikaners moet eerder saamwerk om meer te verrig sodat ons ’n wennasie kan word. ’n Kortsigtige fokus op rasse- en etniese belange gaan die land uiteindelik op ’n gevaarlike koers plaas.” Ons deel hierdie standpunt heelhartig en is ons bekommernis oor die toenemende rasse-polarisasie in verskeie onbeantwoorde skrywes aan Presidente Mbeki, Zuma en ook die Speaker van die Parlement, mnr Max Sisulu gerig. Ons standpunt word ook gedeel deur die Vryheidsdag verklaring van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie “The commission is concerned about the growing levels of intolerant and racist discourse that seems to have crept into our dialogue and conversations,”
U haal elemente uit die NDR aan wat ongelukkig nie met ons ontleding daarvan ooreenstem nie. Daarom sal ons bekommerd bly oor die ANC se siening en toepassing daarvan. Ook mev Helen Zille, leier van die DA, het gesê: “Die ANC se nasionale demokratiese revolusie (NDR) is nie net onversoenbaar met die demokrasie nie, maar dit lê aan die wortel van feitlik elke krisis waardeur ons in die gesig gestaar word. Die elektrisiteitskrisis, die wapentransaksie, die manipulering van die strafregstelsel, die verswakking van die parlement en die dreigemente aan die media en die reg kan alles teruggevoer word na die NDR.”
Die FW De Klerk Stigting sê onlangs oor die NDR: “The ANC’s National Democratic Revolution ideology is irreconcilable with the commitment to freedom and non-racism that we celebrate on 27 April. According to its Strategy & Tactics documents, “the notion that South Africans embraced and made up (after the 1994 transition), and thus erased the root causes of previous conflict, is thoroughly misleading.” “The essential contradictions spawned by the system of apartheid colonialism were as much prevalent the day after the inauguration of the new government as they were the day before.” These ‘contradictions’ lie primarily in “the continuation of apartheid economic and social relations” in terms of which whites had retained “undeserved” and “ill-begotten” privileges derived from apartheid; and continue to own and dominate most of the economy; occupy most managerial posts and own most of the land. The main goal of the NDR is ‘the deracialistion of ownership and control of wealth’ and ‘equity and affirmative action in the provision of skills and access to positions of management.’ In other words, the struggle continues and its target is, by and large, white South Africans.”
Die South African Institute of Race Relations se ontleding is soos volg: “Some of the consequences of the ANC’s commitment to the NDR include:
1. The ANC used the strategy of people’s war to help eliminate black political rivals and secure its hegemony in the post-apartheid era.
2. The ANC still sees itself as a national liberation movement responsible for implementing a national democratic revolution and hence as uniquely entitled to rule. This makes it contemptuous of Parliament, opposition parties and the press, and determined to reverse adverse electoral outcomes, as in the Western Cape in 2009
3. The ANC does not regard itself as bound by the Constitution and has no principled commitment to press freedom, property rights, or an independent judiciary
4. The ANC has used cadre deployment to give itself control over all the ‘levers of state power’. It also seeks to use this mechanism to extend its control over institutions whose independence is essential to democracy – the judiciary, the press, civil society, universities.
5. The ANC demands demographic representivity in employment in both the public and the private sector. It has made rapid progress towards this in the public service and has increased the pressure on business to follow suit via the BEE Codes of Good Practice and warnings of increased fines under the Employment Equity Act.
6. At Polokwane, the ANC said that ‘the need for affirmative action will decline in the same measure as all centres of power and influence become broadly representative of the country’s demographics’. This suggests that other BEE targets, eg the 26% equity target for mining companies, will be increased over time.
7. Overall, the emphasis since 1994 has not been on growing the economic pie but rather on bringing about the redistribution of existing wealth and income from whites to blacks. This is evident in employment equity and BEE laws, in the way in which the ANC has taken control of water and mining rights, and in recurrent calls for nationalisation.”
U sal dus verstaan dat ons, namens baie Suid-Afrikaners, uiters bekommerd is oor die Suid-Afrikaanse grondwet wat bedreig word deur die NDR en vandaar ons skrywe aan u. Ons siening is en bly dat die Suid-Afrikaanse grondwet nie ondergeskik kan wees aan ‘n ideologie nie. Dit is ‘n resep vir konflik en rampspoedig vir die heil van Suid-Afrika en al sy mense.

Laastens wil ek graag die volgende benadruk sodat daar geen misverstande kan wees nie:
– Die Afrikanerbond se visie is – As Afrikaners bou ons saam aan die toekoms van Suid-Afrika. Dit verklaar ons verbintenis tot Suid-Afrika en gevolglik ook die grondwet. Moet die Afrikanerbond dus nie beskuldig dat ons slegs na wit en eksklusief Afrikaner-belange kyk nie.
– Wanneer die Afrikanerbond krities is oor sekere sake is dit nie om swart verwagtinge en aspirasies te ontken nie. Inteendeel ons doen dit in belang van Suid-Afrika.
– Wanneer die Afrikanerbond ‘n nasionale dialoog versoek oor die inhoud van die grondwetlike waardes is dit omdat ons bekommerd is oor die stelselmatige erodering van die grondwet, sy waardes en bepalings. Die grondwet behoort aan alle Suid-Afrikaners en is interpretasie daarvan nie die alleenreg van die ANC nie.
Die Afrikanerbond het vantevore sinvolle interaksie met u en ander ANC en regeringslui gehad en sien uit na verdere gesprekke ten einde oplossingsgerig te kyk na die talle probleme wat Suid-Afrika en al sy mense teister. Hierdie verbintenis is telkemale aan u gegee en ons staan daarby. Enige ander interpretasie aan hierdie verbintenis is nie eerlik nie.
Ons sien uit na verdere gesprekvoering.
Vriendelike groete

Pieter Vorster
VOORSITTER
Datum: 29 April 2011