Subscribe by Email

Afrikaner laat nie met hom mors

“Die feit van die saak is die Afrikaners het ʼn lyn getrek. Die Afrikaners het gesê genoeg is genoeg, ons gaan ons nie as ʼn slaansak laat gebruik nie.” Dit was een van die menings van Willie Spies, AfriForum se prokureur, tydens ʼn FAK-simposium oor die Julius Malema-uitspraak wat gister in Pretoria gehou is. Advokaat Roelof du Plessis SC, senior advokaat van TLU SA, het gefokus op die “toets vir haatspraak” en dat dit nie strook met wat die ANC sê nie. Prof Koos Malan, advokaat vir die Vereniging van Regslui vir Afrikaans, het gesê hy dink nie dié saak gaan werklik oor die reg nie, maar eerder oor die verhoudings tussen gemeenskappe.

Volgens Danie Brink, uitvoerende hoof van die FAK, het regter Colin Lamont se geskiedkundige uitspraak op 12 September vanjaar in AfriForum se haatspraaksaak teen Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, groot opspraak gewek en talle nuwe vrae onder Afrikaner-geledere ontketen.

Lees meer oor wat alles by die simposium gesê is by: http://maroelamedia.co.za/kategorie/die-groot-debat/vraagstukke/fokus-malema-haatspraak-uitspraak-en-weg-vorentoe/