Subscribe by Email

Afrikadag word in Kaapstad gevier

Day_AfricaPresident Jacob Zuma is vandag gasheer vir die Afrikadag-viering in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum. Die vasteland vier die ontstaan van die Organisasie van Afrika-eenheid 53 jaar gelede, wat nou bekend staan as die Afrika-Unie. Zuma sê die dag bied ‘n  geleentheid vir inwoners om hulle Afrika-identiteit te vier en Suid-Afrika gebruik dit om steun vir die AU se Agenda 2063 te herbevestig.

Buitelanders in Suid-Afrika het intussen ‘n weeklange fees gereël om onder meer maatskaplike samehang tussen buitelanders en Suid-Afrikaners te bevorder. Die president van die organisasie Afrika Diaspora, Marc Gbaffou, het in Johannesburg aan NuusFlits gesê ‘n sleutel-aspek is om maniere te vind om xenofobie te beëindig: