Subscribe by Email

Afrikaanse Taalraad kap DA oor Afrikaans

“Die DA-leier, me. Helen Zille, behoort haar te distansieer van ‘n implisiet vyandige uitspraak oor Afrikaans van ’n partygenoot,” sê prof. Jacques van der Elst, hoof- uitvoerende beampte van die ATR. Me. Dianne Kohler Barnard van die DA sou die afgelope naweek op ‘n versoek dat sy dele van haar toespraak in die Parlement oor Suid-Afrika se misdaadsyfers in Afrikaans herhaal, negatief gereageer het en gesê het dat sy “oor haar dooie liggaam” nie sal Afrikaans praat nie, maar eerder Spaans sal besig. “Vir ‘n Parlementêre verteenwoordiger wat afhanklik is van ‘n kieserskorps wat vir ‘n ruim persentasie uit Afrikaanssprekers bestaan, lyk dit asof me. Barnard uit voeling is met die sentimente van haar kiesers. Daar kan sy ‘n voorbeeld neem aan die DA-leier, me. Helen Zille, wat in haar openbare optredes ‘n keurige taalbalans handhaaf.”

Kohler Barnard het in 2010 die aandag op haar gevestig toe sy in die arlement “in tale gespreek” het en vir dié gekruide taal ’n vyf dae skorsing op die lyf geloop het. Dan Roodt het hierop gespot dat die insident van Kohler Barnard nou ’n vurige kampvegter vir Afrikaans sal maak, na aanleiding daarvan dat die tennissspeler Johan Kriek ’n skeidsregter toegesnou het dat hy ‘n *&^huis is, maar weggekom het omdat die skeidsregter nioe Afrikaans verstaan het nie.

“Die Afrikaanse Taalraad het begrip daarvoor dat me. Kohler Barnard dalk nie met en in Afrikaans grootgeword nie. Haar opmerking getuig egter van onbegrip vir die veeltalige opset van Suid-Afrika. Dit dra hoegenaamd nie by tot die gees van taleversoening wat in die nuwe Talewet opgesluit is nie. Dit reflekteer ook negatief op die politieke party waartoe sy behoort en kan Afrikaanse kiesers van die party vervreem, het die Taalraad gesê. Dit is dringend noodsaaklik dat die DA-leier haar standpunt oor veeltaligheid én oor Afrikaans duidelik stel.”

Die DA reik sy nuusverklarings op nasionale vlak slegs in Engels uit.