Subscribe by Email

Afrikaanse e-Boek oor Argeologie

Herman Toerien het pas ‘n bundel van 79 pp oor elementêre argeologie voltooi en bied dit as “e-Boek” te koop aan. As iemand belangstel om die bundel elektronies (dit is 3 megabite) teen R30 te ontvang, kontak asb Joan by Joantoerien@telkomsa.net en ons stuur dit onverwyld.

Ons kan dit ook druk en bind, maar die koste hang af van of al die kleurfoto’s in kleur gedruk moet word, en of ‘n swart en wit kopie verlang word. Skakel Joan dus by 051 446 1712.

In die bundel is die argeologie nie van sy misterie gestroop nie, maar eerder benut om deur beginsels van argeologie te toon hoe sekuur met feite gewerk moet word.

Ek “plak” die inhoudsopgawe hieronder sodat ‘n idee gevorm kan word van die artikels wat ingesluit is:

Inhoudsopgawe

1. Inleiding

2. Definisie: Wat is argeologie?

3. Argeologie en die Bybel

4. Laodicea – Koud na lou na warm – en weg

5. Wonderwerkgrot

6. Steentydperke

7. Uit Afrika na die wêreld – Ruimtetegnologie om argeologie te help

8. Studie oor Neandertal en Homo sapiens se verwantskap werp baie lig.

9. Argeologie onder die water

10. Oermense se fluitmusiek baie oud

11. Oermense het wyd oerolifante geët

12. Die mens en sy beste vriend al baie lank saam

13. Springmielies al baie lank geëet

14. Lang gelede in Suid-Afrika

15. Paleomagnetisme en kontinentale drywing

16. Potensiaal van paleo-toerisme

17. Eerste mense in SA en Van Riebeeck se aankoms

18. Gestroop van misterie: Zimbabwe-ruïnes

19. Verlore stad van die Kalahari

20. Raaisel in die middel van die stad

21. Die Koranna: Dalk die Proto-verhaal van die Afrikaanses?

22. Kontak tussen oer-beskawings ?

23. Duisend jaar Christendom in Amerika

24. Die vervloekte walvis

25. Tsunami’s en pre-Columbiaanse besoeke aan Amerika

26. Pre-Columbiaanse Indiane hét die wiel geken

27. Wie was die eerste in Amerika?

28. Klimaatsverandering – Kyk na die verlede om te leer vir die toekoms

29. Klimaatsverantwoordelikheid teenoor die natuur

30. Die Christendom en Islamokrasie in Afrika

31. Geheimenisse van 30-jarige oorlog na 380 jaar opgediep

32. Paleontoloog steeds onthou

33. Argeologie in belang van vandag se aktualiteit

34. Toearegs en lesse vir Suid-Afrika

35. Argeologie: Wat kan ek doen?

One Response to Afrikaanse e-Boek oor Argeologie

  1. Jackie

    September 23, 2013 at 2:16 pm

    Verskaf asb besonderhede om die boek in gedrukte vorm te koop.