Subscribe by Email

Afrigter Ewen McKenzie ontken verhouding

McKenzie

Hoof afrigter van Australië se rugbyspan, Ewen McKenzie het gister gerugte van ‘n buite-egtelike verhouding met sakebestuurder Di Patston ontken.

Patston is met stresverwante verlof ná ‘n argument wat sy gedurende ‘n vlug verlede week van Suid-Afrika na Brasilië met Beale gehad het.

Beale is weens dié argument nie vir die kragmeting met Argentinië gekies nie.  Dit is onseker wanneer hy weer oorweeg sal wees. Dit word verwag dat daar ‘n ondersoek deur die Australiese Rugbyunie (ARU) sal wees in verband met die argument en SMS’e wat Beale gestuur het.

Luidens berigte in die Australiese media het die voorval tweedrag onder die Wallabies gesaai.

McKenzie het gesê hy voel gefrustreerd en geïrriteerd omdat die Wallabies se aandag voor hul laaste wedstryd teen Nieu-Zeeland volgende week in Brisbane op verskillende wyse afgetrek word.

“Ek kan mense nie keer om te bespiegel nie.  Hierdie week is dit oor my, volgende week oor iemand anders.  Dit is hoe dit is.”

Source: Sapa