Subscribe by Email

AfriForum neem Unisa hof toe oor sy taalbeleid

unisaDie Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag AfriForum se aansoek aan teen die nuwe taalbeleid van die Universiteit van Suid-Afrika. Die burgerregte-organisasie probeer verhoed dat Engels van volgende jaar af die enigste onderrigtaal aan Unisa word. AfriForum het vroeër geslaag met ‘n soortgelyke aansoek teen die Universiteit van die Vrystaat. Die organisasie sê Unisa se besluit sal 24-duisend studente wat Afrikaans verkies, hulle reg ontneem om in hulle voorkeurtaal onderrig te word.