Subscribe by Email

AfriForum Jeug appelleer teen die skorsing van sewe SR-kandidate

matiesAfriForum Jeug het ‘n aansoek ingedien by die Universiteit Stellenbosch se studente-appèlliggaam na die skorsing van sewe kandidate wat aan die studenteraadsverkiesing deelneem. Hulle is geskors nadat lede van die drukgroep Open Stellenbosch hulle beskuldig het van oortreding van die verkiesingsreëls omdat hulle hulle by die burgerregte-organisasie skaar. Die sewe se regsverteenwoordiger, Tertius Kruger, sê die beskuldigings is ongegrond en hy glo daar is ‘n politieke agenda.