Subscribe by Email

AfriForum inisieer veldtog teen groenskrif oor grondhervorming

AfriForum het vandag ’n veldtog teen die groenskrif oor grondhervorming van stapel gestuur. Cornelius Jansen van Rensburg, AfriForum se woordvoerder oor ekonomiese sake, sê die burgerregte-organisasie se veldtog het ten doel om Suid-Afrikaners van die politieke, ekonomiese en maatskaplike implikasies van die groenskrif in te lig.

Die veldtog sluit in:

1. ’n Mini-dokumentêr wat oor die doelwitte en implikasies van die groenskrif handel;

2. ʼn aanlynpetisie;

3. skrywes aan ambassades waarin die implikasies van die groenskrif uiteengesit word; en

4. ’n verslag wat die korrupsie en wanbestuur binne die departement van grondhervorming uitwys.

Die mini-dokumentêr en petisie kan op die webblad, www.stopdiegroenskrif.co.za, gevind word.

Volgens Jansen van Rensburg sal die staat ingevolge die groenskrif Suid-Afrikaners se reg op grondbesit drasties inperk, direk by die bestuur van grond betrokke wees en onafhanklike waardasies afskaf. Die staat sal verder die reg hê om titelaktes te kanselleer en om op grond beslag te lê. “Die groenskrif oor grondhervorming is niks anders as ’n slim strategie om grond te nasionaliseer nie,” sê Jansen van Rensburg.

Wat die groenskrif so gevaarlik maak, is juis dat grondeienaars nie op een slag van hul grond onteien sal word nie. Eers sal mense se grondregte beperk word en dan sal hulle eiendom van hulle weggeneem word. “Hierdie benadering is stadiger en meer subtiel as die grondonteiening wat in Zimbabwe plaasgevind het, maar die gevolge daarvan sal net so ingrypend wees,” meen Jansen van Rensburg.

Die groenskrif word nie alleen beperk tot landbougrond of boere nie – dit raak alle Suid-Afrikaners se regte.

2 Responses to AfriForum inisieer veldtog teen groenskrif oor grondhervorming

  1. Annelie Rabie

    November 23, 2013 at 10:52 pm

    Behalwe die groenskrif oor grondhervorming is hoe digthede in rustige woonbuurte ook te ver in woonbuurte in ‘goedgekeur’. Dit word gemotiveer dat dit urban sprawl beperk, maar word onwys toegepas. Dit kan volgens die 2013 voorstel RSDF langs liniere roetes, 200m vanaf strate waarin busse ry plaasvind en is volgens beplanning
    • create an environment that will ensure a more balanced sharing of benefits between the first and second economies;
    Kan inwoners in woonbuurte en Afriforum saamstaan dat woonbuurte nie nuwe Hillbrows word nie asb ?

  2. Annelie Rabie

    November 7, 2013 at 10:42 pm

    Ek is baie bekommerd oor die ANC se eensydige besluit om woonbuurte in Pretoria Oos super hoedightheid te verklaar.
    Dit beteken ontwikkelaars kan 80 – 200 wooneenhede op 1 hektaar oprig. Dit beteken verder woonstelblokke tussen woonhuise, degradering van die omgewing en ineenstorting van die infrrastruktuur wat dit nie sal kan hou nie, geraas, verlies van privaatheid. Daar is in die laaste 2 weke 2 hoedightheids woonstelblok kennisgewings in Menlopark en een in Lynnwoon opgesit. Kan iemand ons asb help om ons woonbuurte te behou ?