Subscribe by Email

AfriForum gaan volstoom voort met saak teen Malema

Malema haatspraak verhoor

Malema haatspraak verhoor

AfriForum gaan volstoom voort met sy haatspraaksaak teen Julius Malema en sal nie afsien van die standpunt dat Malema se gebruik van die “Skiet die Boer”-slagspreuk haatspraak is nie. Die ANC het in geen stadium in die verlede aangedui dat hulle met AfriForum hieroor in gesprek wil tree nie. AfriForum Jeug se vorige pogings om met Malema hieroor te praat, is met arrogansie en dreigemente begroet. Die ANC se ommeswaai om nou in die hof aan te dui dat hulle nog altyd met AfriForum hieroor wou praat, is ʼn skynheilige poging om hulleself as billik en versoenend aan die hof voor te hou.

As oplossingsgerigte organisasie, is AfriForum natuurlik bereid om gesprekke met die ANC te voer om die gebruik van haatslagspreuke te staak, maar ons gaan nie die hofsaak aflas weens vae beloftes van gesprekke nie. Malema se getuienis moet afgehandel word. Wanneer die hof Donderdag vir ʼn paar weke verdaag vir die voorbereiding van finale argumente, sal AfriForum wel met die ANC in gesprek tree. Indien die ANC volhard in sy standpunt dat Malema kan voortgaan om die “Skiet die Boer”-slagspreuk op roekelose te gebruik en die gesprekke op niks uitloop nie, sal die hof voortgaan om uitspraak oor die saak te lewer.

AfriForum is 100% oortuig daarvan dat die besluit om Malema in die hof tot verantwoording te roep, die regte besluit was. Malema en die ANC se onverdraagsaamheid teenoor minderhede, sal nie verdwyn indien ʼn mens dit bloot ignoreer nie. Minderhede in Zimbabwe se ignorering van Mugabe se polariserende uitsprake, het dit nie laat verdwyn nie, maar eerder die weg gebaan vir Mugabe om sy rassistiese uitsprake sonder enige teenstand in die praktyk toe te pas. Om te verhoed dat dieselfde hier gebeur, moet ons nou ferm standpunt teen Malema se haatspraak inneem.

AfriForum het geslaag met sy eerste doelwit met die Malema-saak, naamlik om Malema en die ANC se rassistiese onverdraagsaamheid teenoor minderheidsgemeenskappe uit te wys. Ironies genoeg het Malema, Winnie Mandela en hulle ondersteuners buite die hof, self eiehandig toegesien het dat hierdie doelwit bereik is, deur die ANC se rassisme en onverdraagsaamheid prakties buite die hof te demonstreer. Swaar gewapende wagte wat poog om gematigdes te intimideer, die uiting van haat-slagspreuke en ander walglike gedrag buite die hof, sê meer van Malema en die ANC se rassisme as wat enige getuie in die getuiebank kon doen. Die hofsaak bied ʼn platform aan Malema om homself en die ANC te diskrediteer. Dit is ʼn platform vir die ANC om sy ware kleure te wys, vir almal om te sien, insluitend die buitelandse media.

Malema se tirades dien as verdere motivering vir AfriForum om met groter vasberadenheid die organisasie se tweede doelwit te bereik, naamlik om Malema tot verantwoording te roep. AfriForum plaas ʼn sterk saak voor die hof en ons is vol vertroue dat geregtigheid sal seëvier.

One Response to AfriForum gaan volstoom voort met saak teen Malema

  1. Hein

    April 28, 2011 at 2:39 pm

    Dit laat my dink aan die jare oue gedig van A.G. Visser, Amakeia. Die gedig vertel die verhaal hoedat die swart mans gewelddadig plaashuise in 1834 aangeval het en gemoor en geplunder het. Die swart vrou wat haar werknemer se kind opgepas het, het ook deur geloop onder die assegaaie. Dit voel of niks verander het nie, steeds val hul boere en hul getroue werkers aan. Maak jou dood asof jy ’n dier is.

    So ja Malema, dit is jou kultuur, om te moor en te plunder al is jy die voorbok wat die lied sing, stook jy die res op! Ek dink nie dis net haatspraak nie, maar die voorbrand van ’n volksmoord.

    AfriForm ek hoop julle wen die saak

    Lees gerus weer die gedig:

    AMAKEIA – Deur A G Visser

    In die skadu van die berge,
    bos-beskut aan alle kant,
    staan alleen die hartbeeshuisie
    op die grens van K*****land.

    Saggies neurie Amakeia
    op die wal van Kei-rivier,
    tot hy slaap, die tere wiggie
    van die blanke pionier:

    “Stil maar, stil maar, stil Babani;
    kyk hoe blink die awendster.
    Niemand sal vir kindjie slaan nie –
    stil maar, al is Mammie ver.”

    Amakeia had belowe
    toe haar nonna sterwend was,
    om die hulpelose kindjie
    tot hy groot was, op te pas.

    Liefd’ryk sorg sy vir die wit kind,
    tot vir hom die lewenslig
    straal uit aia Amakeia’s
    vrind’lik-troue swart gesig.

    Onheilspellend sien sy tekens,
    oorlog kom daar in die land:
    Snel die inval, huis en hawe
    uitgemoor en afgebrand.

    Selfvergetend, doodveragtend,
    met die wit kind op haar rug,
    na die Amatola-berge
    het sy ylings heen gevlug.

    “Stil maar, stil maar, pikanienie;
    oor die bergtop rys die maan.
    Niemand sal vir ons hier sien nie;
    môre sal ons huis toe gaan.”

    Ag, dat oë van verspieders
    ook haar skuilplaas moes ontdek!
    “Spaar hom, hy’s so klein nog,” smeek sy
    met die hande uitgestrek.

    Woedend tier die wilde bende:
    “Sterf of gee die wit kind hier!”
    “Oor my lewelose liggaam …”
    antwoord Amakeia fier.

    waar hy gaan, moet Amakeia
    saamgaan om hom op te pas.”
    “Is jul lewend nie te skei nie,
    bly dan in die dood vereen –
    kort proses met haar, Maxosas,
    laat die blink asgaaie reën!”

    In die Amatola-klowe
    sing nog net die winterwind
    deur die riete in die maanskyn:
    “Tula – Tula – stil, my kind!”