Subscribe by Email

AfriForum bring dringende aansoek in hof oor straatname

AfriForum reik vandag ’n dringende aansoek uit teen die Tshwane Metroraad om die implementering van sy besluit, om 25 strate in Pretoria se name te verander, te stop.

Dit volg nadat daar ernstige besware was teen die manier waarop die openbare deelname proses deur die stadsraad hanteer is.

Volgens berigte het die stadsraad ook sy beleid oor straatname twee maal verander terwyl die proses aan die gang was. Dit dui op arbitrêre en onlogiese optrede van die stadsraad oor hierdie belangrike saak.

AfriForum hoop om reeds eerskomende Dinsdag in die dringende hof by die Noord-Gautengse Hooggeregshof oor hierdie saak aangehoor te word.