Subscribe by Email

Afganistan se opiumoes kleiner

Afganistan se papaweroes is vanjaar weens slegte klimaatstoestande en plantsiektes 36 persent minder as verlede jaar, al is 18 persent meer grond vir papawerverbouing ingespan.

Sowat 90 persent van die wêreld se papawers, wat vir die vervaardiging van opium gebruik word, is van Afganistan afkomstig.

Die regering probeer die verbouing van papawers hokslaan, maar die hoë internasionale prys steek ‘n stokkie voor dié pogings.

Foto: EPA

Herman Toerien