Subscribe by Email

Afganistan eerste land wat deur hiperspektroskopie gekarteer is

Mynbou en landbou in Afganistan kan baie baat vind nadat dié land die eerste land ter wêreld geword het wat volledig deur ‘n tegniek gekarteer is wat in Engels as Broad Scale Hyperspectral Data bekend staan.

Die kaart dui onder meer die voorkoms van minerale en geskikte landbougrond aan.

Die tegniek behels die neem van lugfoto’s waar die terugkaatsing van verskillende tipes materiaal en plantegroei gemeet word. Dié opnamemetode word as veral geskik vir kartering van onherbergsame streke beskou.

Die data het die Amerikaanse USGS (United States Geological Survey) en die Afgaanse Geologiese Opname in staat gestel om verskeie areas met ‘n belowende voorkoms van minerale te identifiseer. Die volgende kaarte is reeds aanlyn beskikbaar: Surface Materials Map of Afghanistan: Carbonates, Phyllosilicates, Sulfates, Altered Minerals, and Other Materials en

Surface Materials Map of Afghanistan: Iron-bearing Minerals and Other Materials

Die USSGS se tegnologie is ook gebruik om verskeie planete en mane in ons sonnestelsel te karteer. By die USGS se webwerf, Map-a-planet http://www.mapaplanet.org/ kan belangstellendes kies om na kaarte te kyk van Mercurius, Venus, die aarde se maan n Mars. Vier mane van Jupiter en vyf van Saturnus kan ook bekyk word.

Bron: USGS Newsroom