Subscribe by Email

Advokaat Barbie het 48 uur om aan te meld vir 7 jaar tronkstraf

Die veroordeelde kindermolesteerder, Cezanne Visser, beter bekend as advokaat Barbie, het 48 uur grasie, voordat sy haar moet aanmeld om haar tronkstraf van 7 jaar te begin uitdien. Dit volg op haar mislukte poging om verlof tot appèl teen haar vonnis aan te teken. Sy was vroër skuldig bevind aan 11 seksuele klagtes met kinders en jong vroue en tot 7 jaar gevonnis. Sy het R 10 000.00 borgtog gekry, hangende die uitslag van haar verlof tot appèl aansoek.

Haar prokureur, Johan Engelbrecht het gese hy het met haar gesels nadat haar aansoek om appèl geweier is en hulle is teleurgesteld daaroor, maar dat hy geen verdere opdragte van haar ontvang het nie. Effektief beteken dit dat hierdie naweek haar laaste naweek van vryheid sal wees en moet sy Maandag by die Hoër hof in Pretoria aanmeld, vanwaar haar tronkstraf sal begin.