Subscribe by Email

Adriaan Strauss is opgewonde oor die kans om die Springbokke te lei

AdriaanStraussjpgSpringbok-afrigter Allister Coetzee sê dit was nie ‘n moeilike besluit om Adriaan Strauss aan te stel as nuwe nasionale kaptein nie. Hy sal die Bokke lei in volgende maand se drie tuistoetse teen Ierland wat volgende Saterdag op Nuweland in Kaapstad afskop. Coetzee sê die senior spelers het hulle steun aan die Bulls-haker toegesê en dat hy geen twyfel het aan sy vermoë om die span te lei nie. Strauss sê sy aanstelling as kaptein is een van die trotsste oomblikke van sy lewe en hy is uiters opgewonde oor die geleentheid.