Subscribe by Email

AB de Villiers hoop om in Oktober weer vir Suid-Afrika krieket te speel

devilliers_getty271015Suid-Afrika se kaptein, AB de Villiers, hoop om in Oktober weer vir die Proteas te kan speel. Hy kan weens ‘n skouerbesering nie deelneem aan die toetsreeks teen Nieu-Seeland wat môre op Kingsmead in Durban begin nie. Die 32-jarige De Villiers erken dat al die krieket wat hy wêreldwyd in al drie formate speel bygedra het tot sy besering, maar het voorstelle verwerp dat hy dit kan oorweeg om aan sommige formate te onttrek om sy werklas te verllig. Hy sê hy bly verbind tot internasionale krieket en spanbou.