Subscribe by Email

AB de Villiers gaan nog langer op die krukkelys wees

ab-de-villiers-of-south-africaSuid-Afrika se toets- en eendagkaptein, AB de Villiers, gaan vroeg volgende week ‘n operasie aan sy arm ondergaan en sal ses tot ag weke op die kantlyn wees. Hy sukkel reeds geruime tyd met ‘n seer elmboog en behandeling en rehabilitering het nie die gewenste uitwerking gehad nie. De Villiers gaan nou die tuis- en wegreeks teen Australië misloop en Rilee Rossouw bly in die groep.