Subscribe by Email

AB de Villiers is die held van Indiese skares

Bengaluru – Royal Challengers Bangalore batsman AB de Villiers plays a shot during the IPL 7 Match against Sunrisers Hyderabad at Chinnaswamy Stadium in Bengaluru on Sunday. PTI Photo by Shailendra Bhojak. (PTI5_4_2014_000271A)

AB de Villiers het weereens die meeste punte aangeteken vir die Royal Challengers Bangalore in ‘n Indiese premierliga-wedstryd teen die Rising Pune Supergiants. De Villiers en Virat Kohli het in Pune 155 lopies aangeteken op die tweede paaltjie. De Villiers het 83 lopies van 46 balle behaal en Kohli het 63 balle nodig gehad om 80 lopies op sy kerfstok te kry en die Challengers se telling op 185 vir drie te staan te bring. Die twee het hul vierde 50-plus vennootskap in vier wedstryde behaal. Die Supergiants is beperk tot 172 vir agt wat die Challengers ‘n voorsprong van 13 lopies gegee het.