Subscribe by Email

Aasboot Hengel vir Groot Karp – Deel 2

karp1

Deur Henry de Beer

Met die vorige artikel het ons die basiese beginsels met die aankoop van ‘n aasboot en die toebehore wat daarby saamgaan bespreek. Met hierdie artikel gaan ons bietjie kyk na die verskillende aanbiedings wat met ‘n aasboot gemaak kan word.

Aasboot hengel gaan nie net daaroor om ‘n boot te gaan koop en die aas vry te stel waar jy dit wil hê nie, want as jy die beste uit jou boot wil kry moet jy so bietjie gedagte daaraan gee, net soos jy sou in enige ander hengel situasie. Dit is veral duidelik op die waters waar bote baie gebruik word, of op oop areas waar die wind en gras jou wisselvallige toestande kan gee.

Daar is slegs ‘n klein variasie in die manier waarop die verskillende aasbote se voerbakke oop maak om aas vry te stel, daarom is dit baie maklik vir vis om slim te raak met standaard aanbiedings, veral waar daar baie aasboot gebruikers op die water is. Daar is bote wat baie meer aas kan afgooi as ander, en dit in opsig self help om sekere van die elemente van aanbiedings-slim vis die hoof te bied. Gelukkig, hoe groter die aasboot mark word hoe meer verskillende maniere van voerbak oopmaak sal die vis te siene kry.

Hierdie gedagte is klaar merkbaar duidelik aangesien Tony Schrijver van Duitsland ‘n boot
ontwerp het wat slegs een boilie op ‘n slag kan vrylaat. Dit werk met ‘n kurkskroef-tipe meganisme wat op die bokant van die boot sit. Elke kompartement in die skroef hou ‘n boilie en
soos die skroef in die rondte draai, word boilies een-een op ‘n slag vrygelaat in die water.
Die tipe van vrylaat bied verskillende maniere van aas aanbiedings wat meebring dat die
hengelaar die ‘odd’ boilie of twee oor ‘n groot area kan afgooi, of dieselfde area in die
gewone manier. Selfs met standaard bote is daar baie speel ruimte in hierdie verband. Dink bietjie daaroor en jy kan jou kanse aansienlik verbeter om moeilike vis te vang.

Hier is ‘n paar gunsteling aanbiedings:

Groot vis vangstes

Baie GROOT vis word gevang deur aasboot hengelaars, veral op waters waar bote nie baie gebruik word nie – en miskien slegs deur ‘n klein persentasie van die hengelaars. Een van die redes hiervoor is dat die meeste hengelaars ‘n boot gebruik met twee voerbakke wat hulle gelyktydig oop maak om voordeel te kry uit die massa aanbieding daarvan.
Daar is ‘n geloof in karp hengel dat groot karp aan die buitekant van die voer area  rondswem. Dis gewoonlik ouer en dus die groter karp wat die voer area baie versigtig sal inspekteer. Ok, daar is wel groot vis wat die voerarea sal binne stoom sonder enige probleem maar ek dink julle sal verstaan wat my denkrigting is. Deur dus slegs een voerbak vol voer te maak en jou hoekaas in die ander een te sit laat dit jou toe om suksesvol jou hoekaas reg aan die kant van jou voer-area te sit,

Bait Boat

juis daar waar die grotes voorkom. Dit is miskien die rede hoekom sekere hengelaars so suksesvol op sekere waters is. Dit werk nie altyd nie maar ek is seker dit sal net ‘n voordeel wees in waters waar bote baie gebruik word, of inderdaad, waar die manier van aanbieding nie baie deur hengelaars gebruik word nie.

Gebruik van voël saad mengsels in bote.

Die eerste ding wat ek oor sade wil sê is dat hulle slymerig en vasklouerig raak as hulle te lank in ‘n emmer gelaat word. Dit help dus om hulle eers in skoon water af te spoel voor jy dit gebruik, anders sal jy vind dat van die saad in jou boot se voerbak vaskleef en agter bly met die afgooi daarvan.
Daar is ook ongelukkig nog geen boot op die mark wat jou toelaat om saad oor ‘n groot area te versprei nie. Die beste is dus om kleiner hoeveelhede per slag af te gooi sou jy ‘n groot area
wou dek.

Sade
Saad mengsels word baie taai en klouerig en moet met skoon water
afgespoel word voor gebruik

By verre die beste ontwerp vir saad voer is die ingevoerde bote soos die Navigator. Die bote laat toe dat jou saad reguit af val en omdat hulle laag in die water sit sal die water selfs vir jou die deure van die voerbakke af was sodat omtrent al die saad in die water eindig.

Gebruik van PVA

Baie van julle sal wonder hoekom nou juis PVA in ‘n boot gebruik? Veral aangesien die boot al jou voer in ‘n mooi kompakte hoop laat uitval as jy die deure oop maak.
Ongelukkig, hoe dieper die voer afwaarts in die water val hoe meer versprei dit. Dus, op waters wat redelik diep is of waar daar baie gras voorkom en waar jy moontlik ‘n baie meer gekonsentreerde area van aas wil hê, is ‘n PVA sakkies net die ding om te gebruik. Die probleem is gewoonlik om die PVA sakkie droog te hou tot dat jy dit wil aflaai. Sommige bote sit so laag in die water dat PVA sakkies nie gebruik kan word nie. Hulle voerbakke lê so laag op die water se oppervlakte dat hulle water deur die boot se deure opneem. Een voorbeeld van so ‘n boot is die Microcat, dit is so ontwerp dat dit laag op die water moet sit om stabiliteit te behou, die Navigator aan die ander kant het ‘n voerbak wat hoër sit en dus beter werk.

Die beste manier om PVA sakkies suksesvol te gebruik is om eers die voerbak vol pellets of boilies te maak, genoeg om die hele vloer van die voerbak te bedek. As daar enige water in die boot inkom sal die pellets of boilies as ‘n kussing vir die PVA sakkie dien wat dit (hopelik) droog sal hou.
Om ‘n dubbele sakkie te gebruik gee jou natuurlik dubbele weerstand.
Jy kan ook jou PVA sakkie met ‘n klein bietjie olie bedek sodat water dit nie so vinnig affekteer nie.
Dit is ook moontlik dat daar water aan die bo-kant kan in spat en om sodoende jou PVA sakkie van bo af ook te beskerm kan jy van elektriese maskeer band gebruik maak. Dit werk heel eenvoudig; al wat jy doen is om die hele bo-kant van die voerbak met die maskeer band toe te plak. Selfs met ‘n ligte windjie kan daar water van bo af in jou boot in spat, so dit help om die maskeer band altyd byderhand te hê as jy die PVA metode gaan gebruik.

Enkel hoek-aas

Jy kan uitstekende sukses behaal deur jou boot te gebruik met slegs een hoek-aas as aanbieding, veral op waters waar bote baie gebruik word. Die meeste aasboot hengelaars gebruik ‘n klomp voer langs die hoek-aas in die boot; dit is met sommige soos ‘n verslawing, hulle moet iets in sit anders is dit net eenvoudig nie reg nie. As gevolg van die oormatige gebruik van die metode is die karp sekerlik besig om slim te raak daarmee. Dit vat net ‘n bietjie nadink om hulle uit te oorlê. Om slegs een hoek-aas in jou boot te gebruik gaan dalk ‘n bietjie tyd vat om aan gewoond te raak maar, glo my, dit werk goed as jy bloot net jou kop daar rondom kan kry om dit uit te toets vir jouself. Met die volgende artikel loer ons na die uitvat van meer as een hoek-aas, hengel onder bome, tipes lood sinkers wat beter werk as ander en al die moets en moenies.