Subscribe by Email

Aardbewings kuier naby Antarktika

Volgens die USGC se weeklikse lys vir aardbewings van M 5 of sterker, was dit die afgelope week betreklik rustig. Die grootste skudding was een van 6.9 wat aan die kus van Peru voorgekom het.
Die interessantste kenmerk is egter die aardbewings wat op rif wat suid van die Kaliforniese Skiereiland van Mexiko begin, en met ‘n groot boog tussen Australië en Antarktika verbystrek, voorgekom het.
Hoewel aardbewings, selfs baie sterk aardbewings nie seldsaam aan die Atlantiese Oseaankant van die Antarktiese skiereiland is nie, is dit minder algemeen in die gebied aan die ander kant, al maak ‘n deel hiervan tegnies deel uit van die Ring van Vuur.
Die meeste aardbewings kom steeds in die trope en die noordelike halfrond voor.
Die kaart dui ook nog redelike sterk naskokke van die groot aardbewing aan wat Suidoos Turkye onlangs getref, en dood en verwoesting gesaai het.