Subscribe by Email

Aardbewing skud sentraal-Kalifornië

‘n Aardbewing van 4.5 het vanoggend Suid-Afrikaanse tyd Kalifornië omtrent halfpad tussen San Franscisco en Los Angeles getref.Hoewel die aardbewing betreklik lig was, was dit betreklik vlak – minder as twaalf kilometer onder die oppervlak – en kon in ‘n digbeboude gebied redelike skade aangerig het.

Kalifornië word feitlik daagliks deur ligte trillings getref. Die San Andreasfout loop deur dié Amerikaanse deelstaat, en baie kundiges meen dat die volgende grote al ver agter “skedule” is.

Die Amerikaanse USGS het verlede jaar navorsingsverslae bekend gemaak wat daarop dui dat daar meer trillings in die San Andreasfout voorkom na daar elders groot aardbewings was. Op die USGS se kaart vir Kalifornië kan daar gewoonlik kort na ‘n groot aardbewing aan die westekant van die Stille Oseaan ‘n skerp toename in trillings in Kalifornië gesien word.

Daar was egter betreklik lanklaas ‘n werklike groot aardbewing – op 11 Maart vanjaar by Sumatra.

Herman Toerien