Subscribe by Email

Aanvalle op kleinhoewe bewoners naby Pretoria neem toe

n Man is dood gevind op ’n kleinhoewe in die weste van Pretoria, met verskye steekwonde in sy liggaam, in die derde aanval op hoewebewoners in die omgewing hierdie maand. Die 58 jarige Robert Botha is aangeval by ’n huis wat hy met twee ander inwoners deel in die Kameeldrif-Wes omgewing, deur ’n onbekende aantal plaasaanvallers en hy het ten minste 5 steekwonde in sy liggaam gehad. Volgens die polisie is daar twee .22 gewere vanuit ’n kluis in die huis gesteel.

Die twee mede huisbewoners met wie Botha die huis gedeel het, wat ook in hul vyftiger jare is, was nie tuis toe die voorval plaasgevind het nie en hulle het op Botha se lyk afgekom met hul terugkeer.

In ’n vorige aanval in die omgewing is die 65 jarige Joey van Wyk aangeval deur ’n klomp panga swaaiende boosdoeners, wat weggehardloop het nadat ’n buurman haar te hulp gesnel het.

Die 41 jarige Dirk Human was ook in dieselfde tydperk aangeval naby Boschkop met ’n panga waarna hy in die kop geskiet is.