Subscribe by Email

“Aansteek” van aardbewings

‘n Onlangse studie het getoon dat groot aardbewings oor baie groot afstande tot gevolg het dat geringe verskuiwings in die San Andreasfout van Kalifornië voorkom.
Na ‘n paar groot aardbewings om die Ring van Vuur het dit op die wêreldkaart wat aardbewings van M2,5 en sterker aandui, by tye gelyk of die blokkies stoei om ‘n plek op die kaart aan die Kaliforniese kus te kry.
Nou, met die laaste grote, een van M7 by Japan ‘n entjie in die verskiet – naamlik 10 Julie, begin die ligte aardbewings en trillings by Kalifornië yler te raak.
Die sterkste onlangse aardbewing was een van M7,6 by die Kermadic-eilande noord van Nieu-Seeland op 6 Julie, en voor dit een van M7,2 by Alaska op 24 Junie. Dit is voorafgegaan deur ‘n lang “stilte” tot 7 April toe daar ‘n aardbewing van M7,1 ook by Japan was.
Dit beteken egter nie dat daar nie tussenin baie sterk aardbewings is nie. Sedert 28 Julie was daar bykans 40 aardbewings van M5 en sterker wêreldwyd, maar meestal om die Ring van Vuur. Vyf van dié aardbewings was M6 of sterker.
Aardbewings en trillings is nou veral gekonsentreer rondom die Keremadic-eilande, Japan, die skiereiland van Alaska en die bek van die Karibiese See.