Subscribe by Email

Aansoek om verlof tot appèl

radovanDie Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir en sy vyf medebeskuldigdes verskyn vandag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg om aansoek te doen om verlof tot appèl teen hulle skuldigbevinding en vonnis. Krejcir en Desai Luphondo is 35 jaar tronkstraf opgelê vir moord, ontvoering en dwelmhandel, en die ander vier vyftien jaar. Krejcir het intussen ‘n nuwe regspan aangestel.