Subscribe by Email

Aanmeldtyd nou 40 minute

South-African-AirwaysDie Suid-Afrikaanse Lugdiens het kliënte daaraan herinner dat die aanmelding vir plaaslike vlugte op die OR Tambo-lughawe van vandag af vroeër sluit. Die aanmeldtyd van SAL-vlugte het voorheen 30 minute voor die vlug vertrek gesluit, maar van vandag af is dit 40 minute voor die tyd. Dit geld vir vlugte vanaf Johannesburg na Durban, Kaapstad, Port Elizabeth en Oos-Londen. Die woordvoerder, Tlali Tlali, sê die verandering sal die redery in staat stel om alle vertrekprosedures betyds af te handel.