Subscribe by Email

9 Jarige meisie se kop afgeblaas

Die kop van ’n nege-jarige meisie is afgeblaas en haar ma se maag het ontplof, toe hul moordenaar ’n sweismasjien se lewendige kabels gebruik het om hulle te vermoor in ’n huis in Akasia, Pretoria.

Adjudant-offisier Dikatso Thebe sê dat die 27 jarige man wat hiervoor verantwoordelik was, ook in die huis gevind is nadat hy homself opgehang het.

Die kind is geidentifiseer as Oratile en haar 33 jarige moeder was Freddah.

Thebe sê dat die elektriese stroom wat deur die sweismasjien se kabels gegaan het, hulle gruwelike dood veroorsaak het.