Subscribe by Email

Beweringe van SA Katolieke priester se molestering van seuns in Duitsland

’n Suid-Afrikaanse Katolieke priester wat na bewering heelwat seuns in Duitsland gemolesteer het, is teruggestuur deur die Rooms-Katolieke kerk om met sy amp voort te gaan in Suid-Afrika. Volgens ’n Duitse publikasie, Spiegel-online, het die priester heelwat seuns in Duitsland gemolesteer voordat hy teruggestuur is na Suid-Afrika. Volgens die publikasie, het ’n ander Priester asook van die gemeentelede die Katolieke kerk bewus gemaak van die vergrype, maar in antwoord is hy eenvoudig net teruggestuur na SA, sonder om die Katolieke Kerk in Johannesburg in te lig oor die gebeure.

Die beweerde beskuldigde kan nie geidentifiseer word in Duitse media nie, aangesien hy teruggestuur is voordat enige klagtes teen hom ondersoek kon word. Op ’n Duitse televisie program was daar ’n uur lange program waarin een van die beweerde slagoffers vertel het van die molestering. Na die einde van die program, het talle ander slagoffers die televisie stasie gebel om te rapporteer dat hulle ook slagoffers van hierdie man was.

Volgens die Duitse nuusdiens het die Priester sy molestering van seuns in Aachen, Wes-Duitsland gedoen tot 2007, maar die Roomse Kerk het nooit die klagtes opgevolg nie.

Spiegel-online beweer die Priester het:

  • Met seuns gelol in ’n sauna van die kerk.
  • Die seuns toegelaat om sigarette en dagga te rook.
  • Aan sy slagoffers duur geskenke soos selfone en rekenaars te gee.
  • Met ’n seun gelol het voor getuies en die seun in sy bed gesit het.
  • Christopher, een van die beweerde slagoffers het dagga en drank by die Priester gekry en wanneer hy onder die invloed daarvan is, het die Priester sy klere uitgetrek en hom gemolesteer.
  • Die Priester se rekenaar was oorlaai met kinderpornografie, sommige wat hy self gemaak het.

Hierdie jongste aantygings kom in die tyd wat die Rooms-Katolieke kerk gebuk gaan onder druk van soortgelyke gevalle wat nou oral na vore kom.

(Die Suid-Afrikaanse polisie behoort ondersoek in te stel hierna, om uit te vind wie hierdie beweerde kindermolesteerder is en hy behoort uitgelewer te word aan die Duitse owerhede, in plaas van om vry in SA voort te gaan met sy Priesterskap – Koerant Red)

One Response to Beweringe van SA Katolieke priester se molestering van seuns in Duitsland

  1. Johan

    Desember 4, 2010 at 5:00 am

    Dis maar soos SA adders ook is doen alles verkeerd in die boek word gskors en bly in sy/haar joppie.