Subscribe by Email

8 Jarige seun oorleef vlugramp van SA na Tripoli

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge is in kontak met Libanese amptenare in verband met die vliegongeluk vroër vanoggend in Tripoli.

Intussen berig nuusagentskappe dat daar ’n 8 jarige Nederlandse seun die ramp oorleef het. Aanvanklik was berig dat al 105 aan boord omgekom het in die ongeluk. Daar was blykbaar 22 Libanese, wat ook 11 bemanningslede insluit aan boord. Die res was van verskillende nasionaliteite, maar daar word vermoed dat die meerderheid dalk Suid-Afrikaners kan wees wat op pad na Heathrow in Londen was en ’n aansluitingsvlug soontoe sou kry op Tripoli. Ongeveer 25% van die passasiers was op pad na Heathrow.

Mense wat vermoed dat hulle familie aan boord was, kan 012-351-1000 skakel en vra om met die konsulaat afdeling van internasionale betrekkinge te praat.

Volgens ’n woordvoerder van die Libanese lugredery was daar baie mis oor die aanloopbaan, wat sig belemmer het.