Subscribe by Email

70-persent van die dorp is sonder water

carl’n Reuse-sinkgat het buite Carletonville, naby die dorp se hoof-opgaartenk, ingeval en die hoofwaterpyp ingesluk.

Sowat 70-persent van die dorp se inwoners en sake-ondernemings is sonder water.

Die woordvoerder van die Merafong plaaslike owerheid, Chris Spies, sê die sinkgat is ongeveer 40 meter diep en 60 meter lank.

Volgens ooggetuies sak die gat sak steeds teen die kante in.

Die Merafong-munisipaliteit en Rand Water het ’n noodplan in werking gestel om die watertoevoer na die dorp tydelik te herstel.