Subscribe by Email

7 jaar tronkstraf vir Barbie

Advokaat Barbie

Foto - Volksblad

Cézanne Visser, beter bekend as “Advokaat Barbie” is vandag tot 7 jaar effektiewe gevangenis straf gevonnis deur Regter Chris Eksteen in die Hooggeregshof van Pretoria.

Haar hande is vasgeboei voordat sy die hoftrappe na die hofselle afgelei is nadat sy tot effektief sewe jaar tronkstraf gevonnis is weens onder meer die onsedelike aanranding van kinders.

Regter Chris Eksteen sê  tronkstraf is die enigste gepaste vonnis vir Visser.

Die vonnis bring ‘n einde aan Visser se hofstryd wat begin het toe sy in Desember 2001 saam met Dirk Prinsloo, haar voormalige minnaar, die lede van die polisie se spesiale taakmag by hul huis op ´n hoewe in Raslouw, Centurion, in hegtenis geneem is.

Adv. Johann Engelbrecht, haar regsverteenwoordiger, gaan nou namens Visser ‘n aansoek bring om verlof om te appelleer teen haar skuldigbevinding op 11 aanklagte onsedelike aanranding van kinders, besit van dwelms en die vervaardiging van kinderpornografie en vonnis. Hy gaan ook aansoek doen dat haar borgtog verleng moet word.