Subscribe by Email

59 mense wil Thuli Madonsela opvolg

thuliDie Openbare Beskermer se parlementêre ad hoc-komitee het bekend gemaak dat 59 kandidate gaan probeer om Thuli Madonsela op te volg wanneer haar termyn op 1 Oktober eindig. Die voorsitter van die komitee, Makhosi Khoza, sê kandidate wat hulle nominasie van die hand gewys het, sluit in die voormalige minister van finansies, Nhlanhla Nene, staatsaanklaer Gerrie Nel, en die voormalige presidentsvrou, Graça Machel. Khoza het bygevoeg dat die belangrikste faktor die proses se deursigtigheid is en dat die publiek dit onder die loep moet kan nee.

Khoza sê meer as 90-persent van kandidate voldoen aan die pos se vereistes…