Subscribe by Email

5 Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregters gaan op die Olimpiese Spele in Rio blaas

Craig-JoubertVyf Suid-Afrikaners is aangewys as skeidsregters vir die kompetisie op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro. Craig Joubert, Rasta Rasivhenge, Marius van der Westhuizen en Ben Crouse is onder die groep van twaalf wat vir die manstoernooi aangewys is, terwyl Rasivhenge ook saam met Aimee Barrett in die groep vir die vrouetoernooi is. Barrett het die naweek in die wêreldreekstoernooi in Atlanta, Amerika, haar debuut gemaak.