Subscribe by Email

44 mense dood in ‘n selfmoord-bomaanval

51093886Uit Sirië word berig dat minstens 44 mense dood is in ‘n selfmoord-bomaanval in die noorde van die land. ‘n Terreurgroep met bande met Islamitiese Staat het aanspreeklikheid aanvaar vir die aanval waarin geboue van ‘n Koerdiese sekerheidsagentskap onder meer geteiken is.

In Genève, Switserland, is sekerheidsmaatreëls rondom die lughawe Cointrin verskerp nadat die Franse polisie inligting oorgedra het oor ‘n moontlike bomdreigement. Die maatreëls sal vir ‘n onbepaalde tyd van krag wees.